Koue Bokkeveld - Die storie van Op-die-Berg

Au$ 16.93 Au$ 11.29

Product Code: 978-1-920429-36-2

Koue Bokkeveld - Die storie van Op-die-Berg

Die Koue Bokkeveld, met sy karaktervolle mense, ongelooflike natuurskoon van pragtige fynbos en en skurwe berge vind neerslag in hierdie pragboek. Meer kan hier oor die skrywer Gerrit Johannes (Gert) van der Merwe, gelees word.

Die verhaal speel af oor sowat 3 eeue, van die eerste setlaar wat hierdie gebied binnegetrek het tot vandag waar daar 'n welvarende landboustreek met sy eie dorp, gemeente en infrastruktuur bestaan. Dit wil vertel van die durf en waagmoed van die eerste pioniers en die vêrsiendheid van hulle wat die streek tot sy potensiaal ontwikkel het. 'n Aantal stories oor die dorp, sy verlede en persoonlikhede word ook opgediep.

Die inhoudsopgawe word hieronder weergegee:

  • 'n Woord vooraf
  • Geloofsdaad
  • Op-die-Berg: Die dorp met twee name
  • Eerste dae
  • Gesukkel met die toegangroetes
  • Ceres - nuwe era
  • Ons wil ons eie ding doen
  • Uiteindelik ons eie gemeente
  • Op-die-Berg - 'n moederkerk?
  • Die Boere bou 'n dorp
  • Doendinge van die Koue Bokkvelders
  • Gebeurtenisse en legendes
  • Oorlewerings en vertellings
  • Die vergete trekpad
  • Die Koue Bokkeveld en toerisme
  • Herinneringe en groete
  • Erkennings
  • Register

Die inleiding tot die boek, onder die titel "Geloofsdaad" lees as volg:

Hierdie boek het my dinge help onthou wat ek te gou vergeet het. Nie te lank gelede nie toe besluit ek om my bakkie te pak en ’n slag deur die binneland te ry, van die Kaap af, tot op Musina by die Limpoporivier. Dit het my so drie weke geneem en alles wat ek op die pad gesien en ervaar het, was nie vir my aangenaam nie. Ek moet dit sê. Ek kan nie daaroor stilbly nie.

Baie dorpe, veral in die Vrystaat en die ou Transvaal, is besig om agteruit te gaan: Die sypaadjies is vuil, die dorpspleine is met onkruid oorgroei, en die slaggate in die pad probeer vergeefs om die amptenare wakker te skud in hul duur rygoed. Die aangesig van ons platteland is op meer as een manier besig om te verander, ook in die Kaap. Baie dorpe se hoofstraat heet nie meer Voortrekker- of Kerkstraat nie. Die ou algemene handelaar word ’n Spar of ’n OK Foods. Tant Millie se damesuitrusters word ’n China Shop of ’n cash loans-plek. Eens op ’n tyd het selfs ’n kleinerige dorp vier of vyf kafees en slegs een begrafnisondernemer gehad. Nou is daar vyf begrafnisondernemers en slegs een of twee kafees. En byna oral het die horlosies in die kerktorings lankal gaan staan.

Die platteland waarop ek grootgeword het, is besig om in iets te word waarvoor ek nog nie woorde het nie. Dit is soos om in ’n spieël te kyk en jou eie gesig effe verwronge na jou te sien terugkyk, só het dit soms vir my gevoel terwyl ek op pad was Musina toe. Op Kakamas het ek sushi geëet, op Lichtenburg het ek ’n kêrel uit Bangladesj ontmoet; en een middag op Groot-Marico het ’n Moslem-imam se stem swaar in die Bosveld-lug gehang.

Ek het kerke gesien wat met hoë traliewerk omhein is omdat daar al te veel ingebreek is. Ek het op ’n plaaswerf gestaan waar ’n pa, ’n ma en ’n kind deur aanvallers doodgeskiet is. 

Uiteindelik het ek teruggekom by my huis hier aan die Weskus met baie vrae in my gemoed: Gaan hierdie Afrikaanse plattelandse leefwyse wat so deel van so baie van ons se lewe is, gaan dit sommer net so verdwyn? Gaan slegs ons vergrype eendag onthou word, soos dit onder meer opgeteken staan in  regeringsgesubsidieerde skoolhandboeke?

Toe, op ’n dag, stuur oom Gert van der Merwe die manuskrip van hierdie boek vir my. Ek het nie dadelik tot lese gekom nie, maar toe ek eers begin, toe sleep die vertelling en die foto’s my deur Ceres en verby Hamlet, teen die Gydopas uit, tot op Op-die-Berg. Toe stig ek saam met die Du Toits en die Van der Merwes ’n nuwe NG gemeente op Op-die-Berg. En elke keer as nóg ’n predikant ’n beroep nie aanvaar nie, was ek mismoedig namens almal. Een sin het ek dadelik in my notaboek gekopieer: “Die voorsitter wens die betrokke kerkraadslede seën toe op hierdie geloofsdaad.” Geloofsdaad. Dit is ’n woord waarvan ek al byna vergeet het. Dis ’n ou plattelandse woord, ’n woord wat ’n mens nie meer baie hoor nie.

Ek het my ook verlustig aan oom Piet Esterhuizen se vertelling, waar hy vertel hoe hy en sy twee seuns eiehandig ‘n bergpas gebou het, en hoe Carl Boplaas oor Op-die-Berg se eerste kerkkoor vertel. Ek ken so ’n kerkkoor, my oorlede ma het ook in een gesing. Ek kon oom Ansie-hulle daar by die orrel sien staan, ek kon hulle hoor sing: “O, Heer my God, hoe groot is U. Hoe groottt is Uuu.” Ek het ander woorde ook in my notaboek neergeskryf wat ek raakgelees het: Doopregister, doopbak, kanselkleed... Soms het ’n mens sulke eenvoudige woorde nodig om jou te herinner waar jy vandaan kom. Hoe verder ek gelees het, hoe meer het ek besef hoe belangrik dit is dat ’n streek en ’n dorp se geskiedenis opgeteken moet word, so voortreflik opgeteken soos oom Gert dit in dié boek gedoen het.

’n Boek soos dié is nie net ’n bewaarplek van die dinge wat verby is nie, dit herinner mense, ’n hele gemeenskap, aan die geloof en die beplanning en die toewyding en harde werk wat dit geverg het om ’n gemeente en later ’n hele dorp tot stand te bring. Dit laat ’n mens ook besef om in hierdie land sinvol te oorleef, is ook ’n geloofsdaad.

Die volkleur boek is afgerond met pragfotos.

Bladsye:   132

Formaat:  Aflaaibare PDF (±75mb, ge-zip)


Koue Bokkeveld - Die storie van Op-die-Berg

The Koue Bokkeveld is noted for its characterful people and amazing natural beauty of fynbos and rugged mountains. This book (in Afrikaans only) beautifully captures all these facets. More information on the author Gerrit Johannes (Gert) van der Merwe is available here

The story spans almost 3 centuries, from the arrival of the first settler to today's well-to-do agriculture-region with its own town, church  and infrastructure. It tells of the daring of the first pioneers and the enterprise of those who developed the area. A number of stories of the town, its past and its personalities are also related.

The Table of Contents reads as follows:

  • 'n Woord vooraf  (Foreword)
  • Geloofsdaad (Act of faith)
  • Op-die-Berg: Die dorp met twee name (Op-die-Berg: the town with two names)
  • Eerste dae (Early days)
  • Gesukkel met die toegangroetes (Trouble with the access routes)
  • Ceres - nuwe era  (Ceres - a new era)
  • Ons wil ons eie ding doen (We want to do our own thing)
  • Uiteindelik ons eie gemeente (At last we have our own congregation)
  • Op-die-Berg - 'n moederkerk? (Op-die-Berg - a mother-church?)
  • Die Boere bou 'n dorp  (The Boers build a town)
  • Doendinge van die Koue Bokkvelders (Activities of the Koue Bokkelvelders)
  • Gebeurtenisse en legendes (Events and legends)
  • Oorlewerings en vertellings (Traditions and stories)
  • Die vergete trekpad (The forgotten trail)
  • Die Koue Bokkeveld en toerisme (The Koue Bokkeveld and tourism)
  • Herinneringe en groete (Reminiscences and greetings)
  • Erkennings (Acknowledgments)
  • Register

The introduction to the book, under the heading "Geloofsdaad" ("Act of faith") reads as follows:

Hierdie boek het my dinge help onthou wat ek te gou vergeet het. Nie te lank gelede nie toe besluit ek om my bakkie te pak en ’n slag deur die binneland te ry, van die Kaap af, tot op Musina by die Limpoporivier. Dit het my so drie weke geneem en alles wat ek op die pad gesien en ervaar het, was nie vir my aangenaam nie. Ek moet dit sê. Ek kan nie daaroor stilbly nie.

Baie dorpe, veral in die Vrystaat en die ou Transvaal, is besig om agteruit te gaan: Die sypaadjies is vuil, die dorpspleine is met onkruid oorgroei, en die slaggate in die pad probeer vergeefs om die amptenare wakker te skud in hul duur rygoed. Die aangesig van ons platteland is op meer as een manier besig om te verander, ook in die Kaap. Baie dorpe se hoofstraat heet nie meer Voortrekker- of Kerkstraat nie. Die ou algemene handelaar word ’n Spar of ’n OK Foods. Tant Millie se damesuitrusters word ’n China Shop of ’n cash loans-plek. Eens op ’n tyd het selfs ’n kleinerige dorp vier of vyf kafees en slegs een begrafnisondernemer gehad. Nou is daar vyf begrafnisondernemers en slegs een of twee kafees. En byna oral het die horlosies in die kerktorings lankal gaan staan.

Die platteland waarop ek grootgeword het, is besig om in iets te word waarvoor ek nog nie woorde het nie. Dit is soos om in ’n spieël te kyk en jou eie gesig effe verwronge na jou te sien terugkyk, só het dit soms vir my gevoel terwyl ek op pad was Musina toe. Op Kakamas het ek sushi geëet, op Lichtenburg het ek ’n kêrel uit Bangladesj ontmoet; en een middag op Groot-Marico het ’n Moslem-imam se stem swaar in die Bosveld-lug gehang.

Ek het kerke gesien wat met hoë traliewerk omhein is omdat daar al te veel ingebreek is. Ek het op ’n plaaswerf gestaan waar ’n pa, ’n ma en ’n kind deur aanvallers doodgeskiet is. 

Uiteindelik het ek teruggekom by my huis hier aan die Weskus met baie vrae in my gemoed: Gaan hierdie Afrikaanse plattelandse leefwyse wat so deel van so baie van ons se lewe is, gaan dit sommer net so verdwyn? Gaan slegs ons vergrype eendag onthou word, soos dit onder meer opgeteken staan in  regeringsgesubsidieerde skoolhandboeke?

Toe, op ’n dag, stuur oom Gert van der Merwe die manuskrip van hierdie boek vir my. Ek het nie dadelik tot lese gekom nie, maar toe ek eers begin, toe sleep die vertelling en die foto’s my deur Ceres en verby Hamlet, teen die Gydopas uit, tot op Op-die-Berg. Toe stig ek saam met die Du Toits en die Van der Merwes ’n nuwe NG gemeente op Op-die-Berg. En elke keer as nóg ’n predikant ’n beroep nie aanvaar nie, was ek mismoedig namens almal. Een sin het ek dadelik in my notaboek gekopieer: “Die voorsitter wens die betrokke kerkraadslede seën toe op hierdie geloofsdaad.” Geloofsdaad. Dit is ’n woord waarvan ek al byna vergeet het. Dis ’n ou plattelandse woord, ’n woord wat ’n mens nie meer baie hoor nie.

Ek het my ook verlustig aan oom Piet Esterhuizen se vertelling, waar hy vertel hoe hy en sy twee seuns eiehandig ‘n bergpas gebou het, en hoe Carl Boplaas oor Op-die-Berg se eerste kerkkoor vertel. Ek ken so ’n kerkkoor, my oorlede ma het ook in een gesing. Ek kon oom Ansie-hulle daar by die orrel sien staan, ek kon hulle hoor sing: “O, Heer my God, hoe groot is U. Hoe groottt is Uuu.” Ek het ander woorde ook in my notaboek neergeskryf wat ek raakgelees het: Doopregister, doopbak, kanselkleed... Soms het ’n mens sulke eenvoudige woorde nodig om jou te herinner waar jy vandaan kom. Hoe verder ek gelees het, hoe meer het ek besef hoe belangrik dit is dat ’n streek en ’n dorp se geskiedenis opgeteken moet word, so voortreflik opgeteken soos oom Gert dit in dié boek gedoen het.

’n Boek soos dié is nie net ’n bewaarplek van die dinge wat verby is nie, dit herinner mense, ’n hele gemeenskap, aan die geloof en die beplanning en die toewyding en harde werk wat dit geverg het om ’n gemeente en later ’n hele dorp tot stand te bring. Dit laat ’n mens ook besef om in hierdie land sinvol te oorleef, is ook ’n geloofsdaad.

A large number of full-colour photographs complement the book.

Pages:   132

Format:  Downloadable PDF (±75mb, zipped)