Die koms van Christus en die Antichris

Au$ 13.17

This product is currently out of stock

Product Code: 978-1-920429-69-0 

In hierdie boek gee Dr VE d'Assonville die leser meer insig oor die wederkoms van Christus asook die koms van die Antichris.

Jesus is reeds besig om met die wolke te kom. Hy sê dit self en die boek Openbaring vestig ons aandag daarop.  Dit is nie iets wat in die verre toekoms gaan gebeur nie, maar dit is die werklikheid van vandag. Die wolke waaruit die storms en orkane voorkom, is die beeld van ontsettende groot kragte van spanning en gisting in die wêreld, van oorloë, rewolusies en terrorisme, van opstande en betogings. Die wolke van donkerheid oor die wêreld vertel van die 'begin van die smarte' (Matt. 24:8). Die tekens van Christus se verskyning (Sy sigbare koms) kom met rampe, aardbewings en siekte-epidemies met miljoene slagoffers, reuse oorstromings wat stede verwoes en groot getalle mense wat verdrink. Oor die internasionale politiek pak donker wolke saam en is daar miljoene mense wat van honger sterf. Elke dag is daar êrens op die aarde oorloë (Matt. 24:6).

Maar voordat Jesus op die wolke verskyn, kom die Antichris en die antichriste, die vals predikers wat die kerk sal oorneem wanneer die Antichris in die tempel van God sal sit en voorgee dat hy God is (2 Thess. 2:4). "Kinders, dit is die laaste uur, en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou antichriste, waaruit ons weet dat die die laaste uur is" (2 Joh. 2:18-19). Dit is onheilspellend dat die Antichris se handlangers reeds uitgestuur het. Maar, en dit is die gelowige se troos, Jesus sal deur Sy wederkoms die Antichris verdelg...... en dit is waaroor hierdie boek gaan!

Die inhoudsopgawe en voorwoord kan hier afgelaai word.

Bladsye:  104

Formaat: Aflaaibare PDF.

LW. 'n Gedrukte weergawe van hierdie boek is by www.marnix.co.za beskikbaar.