Die Afrikanervrou as kultuurdraer en -skepper
Bekende skryfster Dr Celestine Pretorius se proefskrif ondersoek die rol van die Afrikanervrou in die Suid Afrikaanse kultuurgeskiedenis, spesifiek met verwysing na haar rol as kultuurdraer en -skepper in die 17e en 18e eeu. Bitter min aandag is vantevore aan hierdie rol geskenk.
Daarbenewens is dié besondere tydvak in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing eweneens verwaarloos ondanks die feit dat geskiedskrywers dit eens is dat die Afrikaanse volk en taal teen die einde van die 18de eeu reeds hul beslag gekry het. Die doel van hierdie studie was dus ook om vas te stel of die Afrikanervrou in die volkswording van die Afrikaner in hierdie vroeëre tydperk 'n merkbare invloed gehad het.
Hierdie proefskrif het o.a. uitgeloop op die bekende "Al Laggende en Pratende" boek wat onlangs gepubliseer is.
406 bladsye.
Formaat: Aflaaibare PDF …