Jourdan/Jordaan-familie in Suid-Afrika: 'n genealogiese register (2005)
Au$ 29.28
Product Code: 978-1-920429-25-6
Jourdan/Jordaan-familie in Suid-Afrika: 'n Genealogiese register vanaf 1688 ** 2005 uitgawe **
Die Hugenote wat teen die einde van die 17de eeu na die Kaap van Goeie Hoop verhuis het, het slegs 'n breukdeel verteenwoordig van die groot Protestantse uittog uit Frankryk na die herroeping van die Edik van Nantes in 1685. Die eerste Franse Hugenotevlugteling het reeds in 1671 aan die Kaap arriveer.
Die meerderheid van die Hugenote wat na die Kaap gevlug het, het in die jare 1688-1689 daar aangeland. Onder hulle was die broers Jean en Pierre Jourdan en hul gesinne wat in 1688 met die Berg China aan die Kaap aangekom en die Jordaanfamilie aldaar gevestig het. Dit is hulle nasate wat in hierdie familieregister aangeteken is.
Die register, wat al drie die volumes van die oorspronklike boek in een soekbare PDF bevat, bevat 33,038 individuele name in 12,433 families.
Die Inhoudsopgawe kan hier afgelaai word, en die 4 Voorwoorde en die Inleiding hier.
Formaat: PDF Aflaaibare lêer (±13mb, ge-zip)
Bladsye : 1615 (in Afrikaans )
ISBN : 978-1-920429-25-6
Jourdan/Jordaan family in South Africa: a Genealogical register from 1688 ** 2005 edition **
(in Afrikaans)
The Huguenots who relocated to the Cape of Good Hope towards the end of the 17th century represented only a small percentage of the protestants who fled France after the revocation of the Edict of Nantes in 1685. The first French Huguenot refugees arrived at the Cape in 1671.
The majority of the Huguenots who fled to the Cape arrived in the period 1688-1689. Amongst these were the brothers Jean en Pierre Jourdan and their families who arrived in 1688 on board the Berg China. it is their descendants who are catalogued in this register.
The register, which is a fully searchable combination of the three volumes of the original book, lists 33,038 individuals in 12,433 families.
The table of contents can be downloaded here, while the 4 Introductions and the Preface can be downloaded here.
Format: Downloadable PDF file(±13mb, zipped)
Pages : 1615 ( in Afrikaans )
ISBN : 978-1-920429-25-6