Sagres & Suiderkuis: Raakpunte tussen Portugal en Suid-Afrika deur vyf eeue

Au$ 13.17

Product Code: 978-1-920429-60-7

Sagres & Suiderkruis

Portugal se verbintenis met Suider-Afrika is ouer as dié van enige ander Europese land, maar tog is Portugal vir die meeste Suid-Afrikaners bloot 'n onbeduidende landjie iewers naby Spanje. Weinig Suid-Afrikaners is daarvan bewus dat die sieletal van die Portugese gemeenskap in Suid-Afrika teen die einde van die sewentigerjare van die 20e eeu op tot so hoog as 800,000 geskat is, wat hulle die grootste immigrantegroep in die land gemaak het. Ten spyte daarvan weet ons bloedweinig van die Portugese se volksaard en kultuur, van hulle aanpassing in hulle aangenome tweede vaderland en die bydrae wat hulle op verskillende terreine tot die vooruitgang van Suid-Afrika gelewer het.

Soos die isolasie van Suid-Afrika as gevolg van die apartheidsbeleid toegeneem het, is die bande tussen Portugal, die ander muishond van die wêreld en ons nabuur in Afrika, verstewig en daarmee saam het die houding teenoor die Portugese ook geleidelik verander en is hulle as medestanders in die stryd teen kommunisme beskou.

Hierdie boek is 'n poging om alle raakpunte tussen Portugal en Suid-Afrika tot ongeveer 1975, die jaar waarin Portugal hom uit Afrika onttrek het, te karteer. In 'n honderdtal ensiklopediese artikels kom onder meer die volgende aan die orde

  • besoeke van vroeë Portugese seevaarders;
  • skipbreuke aan 'n onherbergsame kus;
  • die verhouding tussen die Portugese in Mosambiek en die Voortrekkers;
  • die Transvalers se behoefte aan 'n weg na Delagoabaai;
  • Portugese reisigers en onderhandelaars wat die ZAR besoek het;
  • die verhouding tussen die Dorslandtrekkers en die Portugese in Angola;
  • die Portugese betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog;
  • die Portugeessprekende slawe aan die Kaap en hulle invloed op die bevolking-samestelling, eetkultuur, boukuns en musiekskat;
  • Suid-Afrika se deelname aan die onafhanklikheidstryde in Mosambiek en Angola;
  • diplomatieke betrekkinge;
  • die invloed van Portugees op Afrikaans en die neerslag van Portugal en die Portugese in die Suid-Afrikaanse letterkunde, pleknaamgewing, argitektuur en uitvoerende en beeldende kunste;
  • die Portugese in Suid-Afrika se gemeenskapslewe, godsdiens en organisasies;
  • Portugese en Suid-Afrikaanse historici en skrywers wat aspekte van die kontak tussen die twee lande nagevors en te boek gestel het; en
  • gedenktekens, pennings en seëluitgifte wat die lande aan mekaar koppel.

Prof PJ Brits, voormalige dosent aan die Departement Geskienis by Unisa beskryf die boek as volg:

Hierdie is een van die nuttigste naslaanwerke wat hierdie beoordelaar in 'n lang tyd onder oë gehad het. Portugese kontak met Suid-Afrika (en in breër verband ook suidelike Afrika) oor 'n tydspan van meer as vyf eeue word in sowat 100 artikels van ongeveer 1 800 woorde elk verwoord. Artikels is deeglik nagevors, met 'n bronnelys onderaan elk en word op 'n boeiende wyse aangebied. Die gesaghebbendheid van die inhoud val dadelik op. Die skrywers is vakmanne en hulle ken duidelik die literatuur oor die verskillende onderwerpe.

Prof PH Kapp, voormalige hoof van die Departement geskiedenis by die Universiteit van Stellenbosch het die volgende te sê oor die boek:

Hierdie is 'n besondere manuskrip. Daar is sewentien temas wat van die suiwer historiese oor die vroeë Portugese ontdekkingsreisigers tot die politieke en ekonomiese verhoudinge tussen Suid- Afrika en Portugal strek en die kunste, die argitektuur en die taal insluit. In elke tema is daar 'n aantal selfstandige essays oor persone, plekke, gebeure en belange. Daarby is dit deeglik nagevors, keurig geskryf en dek dit 'n ensiklopediese terrein op 'n boeiende en interessante wyse. Die skrywers het bekendheid verwerf as aktiewe navorsers oor die rol van Portugese en oor die argitektuur waarvoor albei deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon is.

Eerder as om 'n gedetaileerde inhoudsopgawe hier te gee, kan 'n PDF daarvan sowel as van die voorwoord hier afgelaai word.

Bladsye: 387 (Afrikaans)
Formaat: Aflaaibare PDF


 

Sagres & Suiderkruis

Portugal has a much longer relationship with Southern Africa than any other European country. Despite this, for many South Africans Portugal is but a blip of a country somewhere in the vicinity of Spain. Few South Africans realise that by the end of the 1970’s the Portuguese community in South Africa was estimated to be as high as 800,000. Making that group the largest immigrant group in the country. Outside this community though, little is known about the Portuguese culture or their contribution in many arenas to the development of the country.

As South-Africa’s isolation because of apartheid grew, the links with Portugal (another outcast as well as South-Africa’s neighbour in Africa) grew stronger. As a result of those links the attitude towards Portugal and the Portuguese also changed to the point that they were also viewed as allies in the fight against communism.

This book has as its aim the depiction of all the touchpoints between Portugal and South Africa up to approximately 1975 (the year Portugal withdrew from Africa). Some of the subjects investigated in approximately 100 extremely well-researched articles include:

  • visits of early Portuguese seafarers;
  • shipwrecks;
  • the relationship between the Portuguese in Mozambique and the Voortrekkers;
  • the Transvalers’ need for a way to Delagoa Bay;
  • Portuguese travellers and negotiators who visited the ZAR;
  • relationship between the Dorslandtrekkers and the Portuguese in Angola;
  • Portuguese involvement in the Anglo-Boer War;
  • Portuguese-speaking slaves at the Cape and their impact on the population composition, food, architecture and music;
  • South Africa’s participation in the struggles for independence in Mozambique and Angola;
  • diplomatic relations;
  • the impact of Portuguese in Afrikaans as well as Afrikaans literature, placenames, architecture and art;
  • Portuguese community life, religion and organisations in South Africa; and
  • Portuguese and South African historians and authors who have researched the contact between the two countries.

Prof PJ Brits, ex-lecturer at the History Department of Unisa describes the book as follows:

Hierdie is een van die nuttigste naslaanwerke wat hierdie beoordelaar in 'n lang tyd onder oë gehad het. Portugese kontak met Suid-Afrika (en in breër verband ook suidelike Afrika) oor 'n tydspan van meer as vyf eeue word in sowat 100 artikels van ongeveer 1 800 woorde elk verwoord. Artikels is deeglik nagevors, met 'n bronnelys onderaan elk en word op 'n boeiende wyse aangebied. Die gesaghebbendheid van die inhoud val dadelik op. Die skrywers is vakmanne en hulle ken duidelik die literatuur oor die verskillende onderwerpe.

Prof PH Kapp, previously the head of the History Department at the University of Stellenbosch says:

Hierdie is 'n besondere manuskrip. Daar is sewentien temas wat van die suiwer historiese oor die vroeë Portugese ontdekkingsreisigers tot die politieke en ekonomiese verhoudinge tussen Suid- Afrika en Portugal strek en die kunste, die argitektuur en die taal insluit. In elke tema is daar 'n aantal selfstandige essays oor persone, plekke, gebeure en belange. Daarby is dit deeglik nagevors, keurig geskryf en dek dit 'n ensiklopediese terrein op 'n boeiende en interessante wyse. Die skrywers het bekendheid verwerf as aktiewe navorsers oor die rol van Portugese en oor die argitektuur waarvoor albei deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon is.

Rather than providing a detailed table of contents here, a PDF with the table of contents as well as the foreword can be downloaded here.

Pages: 387 (Afrikaans).
Format: Downloadable PDF.