Die stranding van die Sao Joao

Au$ 11.71

Product Code: 978-1-920429-22-5

Die stranding van die Sao Joao, deur OJO Ferreira


Die stranding van die galjoen Sao Joao in 1552 is een van die oudste en mees dramatiese skipbreukverhale wat hom aan die rampspoedskus van Suidelike Afrika afgespeel het. Al die drama en tragedie wat met 'n skipbreuk vereenselwig word, is daarin aanwesig. Daar is die seestorm wat daelank onophoudelik woed en die skip stukkie vir stukkie uitmekaar breek. Uiteindelik is die kus in sig en lyk dit asof redding moontlik is, maar dan word die roeibote en ook die skip deur die golwe verswelg.

Die skipbreukelinge wat wel die land bereik, besluit om hulle redding noordwaarts te soek. Dit word 'n marteltog van ontbering, uitputting en vernedering deur 'n inheemse stam. Kaptein Manuel de Sepulveda, en sy vrou, Leonor de Sa, sterf 'n tragiese dood in Delagoabaai. Slegs 'n handjievol oorlewendes het Mosambiek-eiland bereik om van die lydensweg van hulle gestorwe medeskipbreukelinge te vertel.

Hierdie episode in ons geskiedenis verdien om weer in herinnering geroep te word. Dit was in meer as een opsig 'n gedenkwaardige en betekenisvolle gebeurtenis en die patos daarvan laat selfs die mens van die 21ste eeu nie onaangeraak nie. Die verhaal word so volledig moontlik vertel en waar nodig, is agtergrond- en verklarende inligting verstrek.

Formaat: PDF Aflaaibare lêer (±57mb, ge-zip)
Bladsye : 68 (in Afrikaans )
ISBN : 978-1-920429-22-5


Die stranding van die Sao Joao (The shipwrecking of the Sao Joao), by OJO Ferreira


The story of the galleon Sao Joao is the earliest and most dramatic shipwreck epic from the disaster-strewn Southern African shores. The pathos of this memorable and meaningful event affects even the 21st century reader.

Replete with all the drama and tragedy associated with a shipping disaster, the tale of the Sao Joao starts with a storm which relentlessly breaks apart the ship. Eventually land appears on the horizon and salvation appears at hand, but then even the two rowboats are lost as the ship is smashed on the rocks.

The survivors who manage to reach land fail to recognise Delagoa Bay and set out northwards on a tortuous journey of deprivation, exhaustion and also humiliation by a local tribe. Captain Manuel de Sepulveda and his wife Leonor de Sa die a tragic death. Only a handful of survivors would eventually reach Mozambique-island. Their story forms the basis of this book. Where possible, the author has provided appropriate background and explanatory information.

Format: Downloadable PDF file(±57mb, zipped)
Pages : 68 ( in Afrikaans )
ISBN : 978-1-920429-22-5