Die Boshoff familie in Suid-Afrika

Au$ 13.66

Product Code: 978-1-920091-19-4

Weergawe 3 van "Die Boshoff-familie in Suid-Afrika" bevat nie alleen die stamregister van die nasatevan stamvader Willem Hendrik Boshoff nie, maar sluit ook 'n aantal baie interessante items in, o.a. 'n aantal Boshoff-briewe geskryf vanuit die Norvalspont kamp asook die Boshoff doopinskrywings van 'n aantal NG gemeentes (George, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Calitzdorp, Volmoed, De Hoop en De Rust).

Die nuwe e-boek bevat 'n groot aantal nuwe name en geslagte. Sowat 1500 digitale fotos van SK'e, doopsertifikate en ander brondokumente word ook ingesluit, insluitend die volgende:

 - al die Boshoff SK's in die VAB;
- feitlik al die Boshoff SK's in die NAB;
- meeste van die Boshoff SK's in die Bloemfonteinse Meesterskantoor;
- 'n hele aantal van die TAB en KAB se Boshoff SK's; en
- verskeie ander Boshoff verwante dokumente, grafsteenfotos, ABO vergoedings-eise edm.

Sover moontlik is bronverwysings ook aangebring, en die dokument is nou van hiperskakels voorsien om veral kruis-opsoeke en skakels na die fotos en brondokumente te vergemaklik.

Die e-boek bied besondere goeie waarde, veral inaggenome al die digitale sterftekennisse en ander dokumente wat ingesluit is.

Bladsye: 366 bladsye, Afrikaans
Formaat:PDF