Lig van vele lampe

Au$ 0.00

Product Code: 978-1-920429-53-9 

Guillaume Francois Marais, beter bekend as Gieljam Marais, is op 14 Januarie 1921 op Wellington "van sy ma verlos" (soos hy self dikwels grappenderwys gesê het) en is 76 jaar later in Somerset-Wes oorlede. Hy was 'n ware onderwysmens met 'n diep liefde vir sy taal. Hy was meester van die vinnige kwinkslag en ook altyd gereed met 'n rits vermaaklike staaltjies uit sy kleurvolle lewe. Uit sy pen het verskeie kortverhale verskyn, asook twee boeke oor die Laingsburg-vloed van 1981.

Sy liefde vir Afrikaans blyk duidelik uit hierdie vertaling van Light from Many Lamps, wat hy kort voor sy skielike dood in 1997 voltooi het. Een van sy vernaamste kenmerke was sy belangstelling in mense en sy meelewing met sy familie en vriende in hul ervaring van die soet en die suur van die lewe. Juis daarom het hy hierdie besondere boek met sy klem op al die fasette van menswees uitgekies. Hierdie vertaling is 'n getuigskrif van sy taalvermoë en van sy liefde vir sy medemens.

Formaat : Aflaaibare PDF (±93mb)