Die Lootse van Suid-Afrika

Au$ 13.17

Product Code: 978-1-920091-68-2

Hierdie interessante boek, wat heelwat nuttige inligting bevat, is die resultaat van sewe jaar se navorsing deur Patrick Loots. Die CD is baseer op die  3de en nuutste uitgawe van die oorspronklike boek.

Die hoë voorkoms van ondertrouery in die Loots familie het veral twee geneties oordraagbare siektes laat ontstaan. Hartvatsiektes kom in enkele families voor. 'n Meer tragiese siektevorm is spierdistrofie. Hierdie siekte kom sporadies voor onder die 'Daggafontein Lootse' soos aangedui. Die nageslag van Philippus Johannes Cornelis Loots is meer blootgestel aan hierdie ongeneeslike erfsiekte as die nageslag van die ander stamvaders.

Die Voorwoord, Inhoudsopgawe en die Inleiding kan hier afgelaai word.

Ten einde die boek so gebruikersvriendelik as moontlik te maak, is daar ruim van hiperskakels gebruik gemaak, en ook van volle genealogiese noemering.  Die boek word in 5 hoofstukke verdeel: een inleidende hoofstuk, plus 'n hoofstuk vir elke stamvader. Die inleidende hoofstuk bevat die volgende:

- 'n oorsig van elk van die stamvaders (Philip Cornelis, Pieter, Paulus Johannes Jacobus en  Johannes Hendrik)
- 'n kort oorsig van die kinders van elke stamvader
- 'n kort oorsig van die afstammelinge van stamvader cX - Gabriel Jacob

Die inleiding word gevolg deur die gedetaileerde hoostukke oor elk van die stamvaders en nageslagte:

- Die geslagsregister van Stamvader Philip Cornelis    - p15
- Die geslagsregister van Stamvader Pieter   - p40
- Die geslagsregister van Stamvader Paulus Johannes Jacobus  - p57
- Die geslagsregister van Stamvader Johannes Hendrik   - p80

Die boek  word afgerond met 'n Ererol, waarin die Lootse wat in diens van hul vaderland gesterf het, aangetoon word.

Bladsye: 180 (Afrikaans)
Formaat: Aflaaibare PDF