Die Psalms sing van Christus

Au$ 13.17

This product is currently out of stock

Product Code: 978-1-920429-61-4 

In hierdie boek verskaf Dr VE d'Assonville 'n sowat bladsy-lank oordenking oor elk van die Psalms, en wys hoe die Psalms van Jesus Christus sing.

Die Psalms van die Ou Testament is 3000 jaar oud. Die Christelike kerk sing dit reeds 2000 jaar lank. Die Psalms is profeties. Dit gee in kort die verlede, hede en toekoms van God se heilsgeskiedenis met sy volk. Martin Luther, die groot kerkhervormer, het die Psalmboek "'n klein Bybeltjie" genoem. Nog onlangs is dit in die boek "Het verhaal van de Psalmen" as die mees geliefde boek en as "'n Bybel in die Bybel" beskryf

Johannes Calvyn skryf in die inleiding van sy reuse kommentaar oor die Psalms vier keer na mekaar dat daar "geen ander boek soos die Psalmboek is nie". Dit is lewensomvattend. Daarin word alles van die mens se lewe beskryf. Dit gaan oor God, die Skepper van die hemel en aarde. Dit dek die hele geskiedenis van die mensdom. Van ons geboorte, daaglikse lewe en dood word vertel. Dit gaan oor konings, priesters en profete. Dit raak die mens se bekering tot God, sy versoening na skuldbelydenis en vergifnis uit genade. Ons heimwee, begeertes en verlangens kom alles aan die orde. Die rykdom van God se seën, Sy verbondstrou en beloftes vir ons aardse en ewige lewe word ontvou. Rykdom en armoede, die mens se grootheidswaan en sy diep nederigheid, sy jeug en sy ouderdom word in die Psalms blootgelê. Dit troos ons in ons droefheid, dit gee hoop in ons wanhoop, dit rig ons uit die diepte van vernedering weer op. Dit gaan oor boerdery, reën en droogte, voorspoed en teleurstelling. Ook die siekbed en genesing word beskryf, neerlae en oorwinnings... Ja, wat is daar wat nie alles in die psalms beskryf word nie!?

En die belangrikste van alles: Jesus Christus ons Verlosser word verkondig!

Die inhoudsopgawe en voorwoord kan hier afgelaai word.

Bladsye:  191.

Formaat: Aflaaibare PDF.

LW. 'n Gedrukte weergawe van hierdie boek is by www.marnix.co.za beskikbaar.