Geslagsregister van die familie Van Heerden

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-997489-02-3

Geslagsregister van die familie Van Heerden, Hersiene Uitgawe 

Wat as ’n eenvoudige nuuskierigheid oor haar eie familie begin het, het vir dr. Petronella van Heerden ontwikkel tot ’n lewenslange soektog na die mense agter die Van Heerden-naam. Die omvangryke Geslagsregister van die familie Van Heerden 1701–1968was die resultaat van haar soektogte onder andere deur die onderskeie argiewe, die rekords van die Landmeter-generaal, Weesheer asook Kerkregisters, wat aangevul is deur talle besoeke aan, en korrespondensie met Van Heerdens die land oor. 

Die boek voer die familiegeskiedenis terug na  Pieter Willemsz van Heerden, wat in 1701 as ’n jong man uit Heerde in Gelderland aan die Kaap aangekom het. Nadat hy sy diens by die Oos-Indiese Kompanjie voltooi het en ’n vryburger geword het, het hy met Magtilt van der Merwe getrou en hom op Weltevreden in ’t Lant van Waveren gevestig. Deur hul seun Willem en dié se nege seuns het die familie in talle takke vertak wat later oor Suid-Afrika en veel verder versprei het. Die oorspronklike register volg hierdie families deur opeenvolgende geslagte en teken, waar bekend, geboortes, huwelike, sterftes, eggenote, kinders, woonplekke en beroepe aan. Aanvullende families en losstaande inskrywings word ook in twee aanhangsels ingesluit. 'n Kenmerk van die boek is die insluiting van waardevolle aanvullende aantekeninge waarin die leser persoonlike staaltjies, loopbane, militêre diens, tragedies en besondere prestasies kan oplees.

'n Belangrike toevoeging tot hierdie nuwe uitgawe is 'n aantal bylae waarin die besonderhede van 18,000+ van Heerden individue verskyn, insluitend name en vanne, nooiensvanne (waar beskikbaar), geboortedatums en ook besonderhede van waar die mense hulle in 1984 en 2004 bevind het - 'n besonder nuttige bron!  

Hierdie uitgebreide elektroniese uitgawe sluit in:  

  • Inleiding en erkenning;
  • Geslagsregister (bygewerk en reggestel);
  • Bylaag 1 - Naamlys van semi-gekoppelde families;
  • Bylaag 2 - Ongekoppelde persone;
  • Bylaag 3 - Register van Van Heerden name;
  • Bylaag 4 - Lys van 14,500+ Van Heerden name en vanne, geboortedatums, nooiensvanne (waar beskikbaar), asook besonderhede oor waar die persone in 1984 en 2004 gewoon het;
  • Bylaag 5 - Lys van 3700+ Van Heerden dames wat in 1984 met nie-Van Heerdens getroud was, met 2004 aanvullings;
  • Bylaag 6 - Lys van 140+ Van Heerden dames wat in 1984 met nie-Van Heerdens getroud was, wat in 2004 as afgestorwe aangetoon is;
  • Bylaag 7 - Lys van 500+ Van Heerdens wat in 2004 geregistreer was maar reeds oorlede was; en
  • Bylaag 8 - Lys van 60+ Van Heerdens wat in 2004 geregistreer was maar nog nie stemgeregtig was nie.

Taal: Afrikaans
Formaat: Aflaaibare PDF (± 8.5 Mb)
Bladsye:  851

 


Genealogy of the Van Heerden Family, Updated Edition

What began as a simple curiosity about her own family developed, for Dr Petronella van Heerden, into a lifelong search for the people behind the Van Heerden name. The extensive Genealogy of the Van Heerden Family 1701–1968 was the result of her research in, among other sources, various archives, the records of the Surveyor-General and the Master’s Office, as well as church registers. This was supplemented by numerous visits to, and correspondence with, Van Heerdens throughout the country.

The book traces the family history back to Pieter Willemsz van Heerden, who arrived at the Cape in 1701 as a young man from Heerde in Gelderland. After completing his service with the Dutch East India Company and becoming a free burgher, he married Magtilt van der Merwe and settled at Weltevreden in ’t Lant van Waveren. Through their son Willem and his nine sons, the family developed into numerous branches that later spread throughout South Africa and much further afield.

The original register follows these families through successive generations and records, where known, births, marriages, deaths, spouses, children, places of residence and occupations. Supplementary families and unconnected entries are also included in two appendices. A particular feature of the book is its many footnotes containing valuable additional information, including personal anecdotes, careers, military service, tragedies and notable achievements.

An important addition in this new edition is inclusion of a number of appendices containing information on more than 18,000 Van Heerdens. This information, culled from voters rolls, includes names and surnames, maiden names where available, dates of birth, as well as details of where these people were living in 1984 and 2004 — a particularly useful resource for family researchers.

This expanded electronic edition includes:

  • Introduction and acknowledgements;
  • Genealogical register, updated and corrected;
  • Appendix 1 – List of semi-connected families;
  • Appendix 2 – List of unconnected families;
  • Appendix 3 - Index of Van Heerden names;
  • Appendix 4 - List of 14,500+ Van Heerden names and surnames, dates of birth, maiden names where available, and details of where individuals were living in 1984 and 2004;
  • Appendix 5 - List of 3700+ Van Heerden ladies who were married to non-Van Heerdens in 1984, with 2004 updates;
  • Appendix 6 - List of 140+ Van Heerden ladies who were married to non-Van Heerdens in 1984, and who were listed as deceased in 2004;
  • Appendix 7 - List of 500+ Van Heerdens who were registered to vote in 2004 but were listed as deceased; and
  • Appendix 8 - List of 60+ Van Heerdens who were registered to vote in 2004 but were not yet eligible to vote.

Language: Afrikaans
Format: Downloadable PDF (± 8.5 MB)
Pages: 851