Groep Sonder Grense

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-920429-42-3 

Groep Sonder Grense (Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap, 1652-1795)

In Groep Sonder Grense beskryf Dr Hans Heese die rol wat persone van gemengde Europese-, Oosterse- en Afrika-herkoms aan die Kaap van Goeie Hoop gespeel het gedurende die tydperk 1652-1795. Hy spreek ook die kwessie aan van rassevermenging en waar hierdie mense met hul nageslag in die samelewing tereg gekom het.  Hierdie aspek word tot in die fynste besonderhede op 'n genealogiese wyse uitgepluis. Aandag word gegee aan die faktore wat die plek en status van persone van gemengde afkoms in die samelewing bepaal het. Aspekte wat bespreek word sluit in slawerny en vryheid, fisiese afkoms, die rol van die kerk en ekonomiese welvaart.

Groep Sonder Grense werp ook lig op die verskillende statusgroepe waarin gekleurdes hulle in die 17de en 18de eeue bevind het: slawe, vryswartes, vrygeborenes en burgers. Die proses waardeur sommige nakomelinge van ingevoerde slawe en slavinne in die burgerlike bevolking opgeneem is, word ook uiteengesit.

Die boek is in die volgende 4 hoofadelings verdeel:

  • Smeltpot 1652-1795 

  • Kleur en ekonomiese stand

  • Vryheid en gebondenheid 

  • Groep sonder grense 

Laasgenoemde hoofstuk word gevolg deur 3 addendums, wat die grootste gedeelte van die boek beslaan:

  • A. Huwelike en ander verbintenisse tussen Europeërs en Gekleurdes 1652-1795

  • B. Huwelike en ander verbintenisse tussen Gekleurdes onderling (Alfabeties volgens Van)

  • C. Huwelike en ander verbintenisse tussen Gekleurdes onderling (Alfabeties volgens Voornaam)

Die inleiding kan hier afgelaai word.

Bladsye:   90

Formaat:  Aflaaibare PDF (±99mb)


Groep Sonder Grense (Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap, 1652-1795)
("Group without boundaries" ("The role and status of the mixed population at the Cape, 1652-1795"))

In Groep Sonder Grense Dr Hans Heese describes the role which people of mixed descent (European, Eastern and African) played at the Cape of Good Hope in the period 1652-1795. He discusses the question of how people of mixed races came into their own in society. This is also discussed from a genealogical perspective, with attention paid to the factors affecting a person's status in the society of that time. Aspects discussed include slavery and freedom, physical descent, the role of the church as well as economic prosperity. 

Groep Sonder Grense also highlights the various status groups in which people of colour found themselves in the 17th and 18th centuries: slaves, free-blacks, free-born and citizens. Heese also documents the process through which some descendants of imported slaves became part of the citizenry.

The book comprises 4 chapters:

  • Smeltpot 1652-1795  (Melting pot 1652-1795)

  • Kleur en ekonomiese stand (Colour and economic status)

  • Vryheid en gebondenheid (Freedom and bondage)

  • Groep sonder grense (Group without boundaries)

Chapter 4 is followed by three addenda comprising the bulk of the book:

  • A. Huwelike en ander verbintenisse tussen Europeërs en Gekleurdes 1652-1795 (Marriages and other relationships between Europeans and Coloureds 1652-1795)

  • B. Huwelike en ander verbintenisse tussen Gekleurdes onderling (Alfabeties volgens Van) (Marriages and other relationships between Coloureds (Alphabetically by Surname))

  • C. Huwelike en ander verbintenisse tussen Gekleurdes onderling (Alfabeties volgens Voornaam) (Marriages and other relationships between Coloureds (Alphabetically by First name))

The introduction can be downloaded here.

Pages:   90 (in Afrikaans)

Format:  Downloadable PDF (±99mb)