Kerk op die Wit Hooglande

Au$ 11.71

Product Code: 978-1-920091-59-0

Prof Victor d'Assonville se pragboek beskryf die wel en weë van die Gereformeerde Kerk se gemeentes in Kenia. Die agtergrond tot die 'Groot Trek na Kenia' word gegee asook die groei en uiteindelike tot niet gaan van die gemeentes oor 'n tydperk van meer as 'n half-eeu.

Genealogies gesproke lê die belangrikheid van hierdie boek in die 2 stelle doopregisters wat in die boek ingesluit is - vir die twee gemeentes Eldoret en Skeurvallei, met sowat 350 doopinskrywings wat die periode 1909-1962 dek. Die registers gee die dopelinge se geboortedatum, doopdatum en -plek, ouers se volle name asook die dominee wat die doop waargeneem het.

Die Inhoudsopgawe en voorwoord kan hier afgelaai word, maar opsommenderwys is die boek in die volgende 25 hoofstukke gedeel:

  • 1. Die laaste dag
  • 2. Afrikaners se laaste ossewatrek
  • 3. Die 'Groot Trek' na Kenia
  • 4. Pioniers roep na die kerk
  • 5. Die gemeente word gestig
  • 6. Bitter teleurstellings
  • 7. Die ongelooflike Du Toit trek
  • 8. Dominee speel wegkruipertjie
  • 9. Die Eerste Wereldoorlog
  • 10. Die 'Karapara' - skip van vreugde
  • 11. Middernag met 'n lantern langs die pad
  • 12. Herderloosheid en treurige berigte
  • 13. Verstrooides in die oerwoude van Zaire
  • 14. 'n Eerste predikant
  • 15. Die predikant-pionier
  • 16. Heimweë na wonderlike tye
  • 17. Eensaamheid en oorlog
  • 18. Van Potchefstroom na Eldoret per motor
  • 19. Onder bedreiging van die Mau-Mau
  • 20. Die vlam brand steeds sterk
  • 21. So onthou ons hulle
  • 22. Dit loop af, maar bediening gaan deur
  • 23. Totsiens en vaarwel
  • 24. Doopregister Eldoret
  • 25. Doopregister Skeurvallei

Bladsye : 128
Formaat: Aflaaibare PDF (±54mb, ge-zip)

‘n Gedrukte weergawe van hierdie boek is by www.marnix.co.za beskikbaar.