Swanepoel

Au$ 11.71

Product Code: 978-1-920429-24-9

’n Genealogiese en historiese perspektief op ‘n gedeelte van die familie Swanepoel in Suid-Afrika (1698-1906)

In hierdie boek (wat uit sy meestersverhandeling bestaan), beskryf James Cooks die deelname van 'n geselekteerde groep Swanepoels aan 'n verskeidenheid historiese gebeure in SA tussen 1698 en 1906. Die navorsingsfokus van hierdie verhandeling val op die stamvader en die nageslagte van Pieter, derde seun van die stamvader, en eindig met die omswerwinge van die vyfde geslag.

Vanaf 1698 tot 1906 het vyf geslagte van die stamvader ʼn aktiewe rol in die ontwikkelingsgeskiedenis van Suid-Afrika gespeel. Omgekeerd het dié geskiedenis ʼn bepalende rol in die genealogiese samestelling van die geselekteerde navorsingsgroep gespeel. Die geskiedenis en genealogie is hulpwetenskappe en bondgenote van mekaar. Hulle interafhanklikheid impliseer dat die genealoog die historiese era in ag moet neem en sy studie van familiegeskiedenis en die afstamming van individue binne die tendense van hul era in perspektief moet plaas.


Bestaande literatuur beeld die verloop van die geskiedenis van die Swanepoels uit, maar die sigbaarheid en rol van die stamvader, sowel as sy vyf geselekteerde nageslagte se belewenisse, meelewing en geskiedkundige bydraes is nie volledig in bestaande literatuurstudies aangedui nie. Met hierdie wetenskaplike ontleding van Pieter Jansz Swanepoel se nakomelinge in die natuurlike orde en die geskiedenis wat met hulle lewensloop saamhang, verskaf Cooks ʼn breër insig vir huidige en toekomstige geslagte van hul herkoms.

Die boek van 261 bladsye bevat ook meer as 100 fotos, sketse en dokument-afdrukke.

Die inhoudsopgawe kan hier afgelaai word.

Formaat: PDF Aflaaibare lêer (±58mb, ge-zip)
Bladsye : 261(in Afrikaans )
ISBN :978-1-920429-24-9


’n Genealogiese en historiese perspektief op ‘n gedeelte van die familie Swanepoel in Suid-Afrika (1698-1906)
(A genealogical and historical perspective on a part of the Swanepoel family in South Africa (1698-1906))


In this book of 261 pages (which contains his master's thesis) James Cooks describes the involvement of a select group of Swanepoels in a range of historic events in SA between 1698 & 1906. His research focuses on the progenitor and the descendants of the progenitor's third son Pieter, concluding with the travels of the fifth generation.

Between 1698 and 1906 five generations of Swanepoels played an active role in the development of South Africa. On the flipside, the same history played a defining role in the genealogical composition of the selected research-group. The interdependency of genealogy and history necessitates that the genealogist investigates family history within the context of the historical milieu.

Existing literature does depict the history of the Swanepoels, but not enough attention has been given to the role the progenitor and the five selected generations played. This is especially the case w.r.t. their experiences and historical contributions. With this scientific analysis of the descendants of Pieter Jansz Swanepoel within the unfolding history of their time, Cooks presents a deeper insight for current and future generations into their history and ancestry.

 

The book also contains some 100 interesting photos, sketches and copies of documents.

The table of contents can be downloaded here.

Format: Downloadable PDF file(±58mb, zipped)
Pages : 261( in Afrikaans )
ISBN :978-1-920429-24-9