A Yeoman's Letters from the Boer War

Au$ 12.20

Product Code: 978-1-920429-79-9

A Yeoman's Letters from the Boer War. 

A Yeoman’s Letters from the Boer War brings the Anglo-Boer War down from the level of generals and grand strategy to the dust, cold, grime and camaraderie of one man’s daily life on campaign. Written not years later in the comfort of memory, but in the thick of the fighting itself, these letters were composed by a trooper in the Imperial Yeomanry whose declared aim was simple: to give “a true picture of the everyday life of a yeoman.”

What emerges is an unusually fresh and honest record of the war as it felt from the saddle. Long, bone-wearying marches; makeshift meals and broken sleep; sudden alarms and skirmishes; the rough humour of the campfire; the ache of longing for home—everything that official despatches leave out is here, rendered with clarity, restraint and occasional dry wit. We see the Boer War not as a series of famous engagements, but as a chain of hard days lived by ordinary men.

Later illustrations and pencil sketches, prepared after the war, complement the text by putting faces, uniforms and landscapes to the scenes described in the letters. Together, they create a rare, three-dimensional portrait of a yeoman’s journey through South Africa.

At a time when modern conflicts are again filtered through distance and abstraction, A Yeoman’s Letters from the Boer Warreminds us that every campaign is made up of individual footsteps, private fears and small acts of endurance. It is an invaluable resource for students of military history and a compelling, humane read for anyone who wants to understand what war feels like from the ranks, rather than the history books.

Pages:   259 (English)
Format: Downloadable PDF (±4.8Mb)


A Yeoman's Letters from the Boer War. 

A Yeoman’s Letters from the Boer War bring die Anglo-Boereoorlog af van die vlak van generaals en breë strategie na die stof, koue en kameraderie van een man se daaglikse lewe op veldtog. Nie jare later uit die gerief van herinnering geskryf nie, maar midde-in die geveg self, is hierdie briewe deur ’n ruiter van die Imperial Yeomanry geskryf met een eenvoudige doel: om ’n ware beeld van die alledaagse lewe van so 'n soldaat te gee.

Die resultaat is ’n ongewoon vars en eerlike verslag van hoe die oorlog uit die saal gevoel het: lang uitmergelende marse; geïmproviseerde maaltye en gebroke slaap; skielike alarms en skermutselings; die rowwe humor rondom die kampvuur; en die pyn van heimwee. Alles wat amptelike verslae uitlaat, is hier – helder, ingetoë en met ’n droë humorsin hier en daar. Die Boereoorlog verskyn nie bloot as ’n reeks beroemde veldslae nie, maar as ’n ketting van die moeilike dae soos gewone soldate dit beleef het.

Illustrasies en potloodsketse wat ná die oorlog geskets is, vul die teks aan deur gesigte, uniforms en landskappe aan die briewe te koppel. Saam skep dit ’n seldsame, driedimensionele beeld van Ross se reis deur Suid-Afrika.

In ’n tyd waarin moderne oorloë weer deur afstand en abstraksie gefilter word, herinner A Yeoman’s Letters from the Boer War ons dat elke veldtog uit individuele voetstappe, private vrese en klein dade van volharding bestaan. Dit is ’n onskatbare bron vir studente van militêre geskiedenis en ’n innemende, diep-rakende leeservaring vir enigiemand wat wil verstaan hoe die oorlog gelyk en gevoel het vanuit die perspektief van die gewone soldaat.

Bladsye:   259 (Engels)
Formaat:  Aflaaibare PDF (±4.8Mb)