Abraham Paul Kriel: sy lewe en werk
Au$ 13.17
Product Code: 978-1-920429-99-7
Abraham Paul Kriel: Sy lewe en werk.
Stap in die skoene van 'n man wie se geloof berge versit het en wie se medelye 'n nasie help herbou het.
Abraham Paul Kriel: Sy Lewe en Werk is die gesaghebbende biografie van een van Suid-Afrika se mees geliefde geestelike leiers. Geskryf deur sy boesemvriend van meer as vyf-en-vyftig jaar, die welbekende ds. J.D. Kestell, bied hierdie werk 'n intieme en meesleurende verslag van 'n lewe wat in absolute diens aan ander geleef is.
'n Reis deur die Geskiedenis
Die vertelling begin by Kriel se wortels in die Franschhoek-vallei en volg sy afkoms van Hermanus Kriel, wat reeds in 1719 aan die Kaap gearriveer het. Die hart van hierdie boek lê in Kriel se ryk "ondervindingswêreld". Die leser volg Kriel se lewe en werk vanaf sy vroeë bediening in die stowwerige diamantvelde van Dutoitspan tot by die groeiende goudmyn-gemeenskap van Langlaagte.
Geloof onder Vuur
Een van die aangrypendste dele van die boek beskryf Kriel se ervarings as veldprediker tydens die Anglo-Boereoorlog. Hy het geweier om tuis te bly en het hom by die kommandos gevoeg om die burgers geestelik te ondersteun. Sy diep vriendskap met generaal Christiaan Beyers en sy onwankelbare teenwoordigheid tydens gevegte — dikwels ongewapend te midde van die stryd — skilder 'n beeld van 'n man met enorme moed en godsdienstige oortuiging.
Die Wonderwerk van Langlaagte
Die oorlog het 'n stukkende volk en duisende weeskinders tot gevolg gehad. Met geen aanvanklike kapitaal nie, maar 'n "mosterdsaadjie" van geloof, stig Kriel in 1902 die Kinder-tehuis op Langlaagte in 1902. Wat met slegs sewe kinders begin het, het wonderbaarlik gegroei deur gebed alleen, totdat dit uiteindelik honderde weeskinders op 'n slag gehuisves en opgevoed het.
Vir navorsers en belangstellendes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis (familie-, sosiale- sowel as kerkgeskiedenis) bied hierdie biografie seldsame eerstehandse verslae en pragtig gesrestoureeerde historiese fotos. Dit is werklik 'n herontdekking van "Oupa Kriel" se nalatenskap en sy vaste vertroue op sy Skepper.
Die Inhoudsopgawe kan hier afgelaai word.
Taal: Afrikaans
Formaat: Aflaaibare PDF (±3.7Mb)
Bladsye: 190
Abraham Paul Kriel: Sy lewe en werk.
Step into the world of a man whose faith moved mountains and whose compassion helped rebuild a nation.
Abraham Paul Kriel: Sy Lewe en Werk is the definitive biography of one of South Africa’s most beloved spiritual leaders. Written by his close friend of over fifty-five years, the renowned J.D. Kestell, this work offers an intimate and gripping account of a life lived in absolute service to others.
A Journey Through History
The narrative begins with Kriel’s roots in the Franschhoek valley, tracing his descent from Hermanus Kriel who arrived at the Cape in 1719. However, the heart of this book lies in the "crucible of experience". Follow Kriel's life and work from his early ministry in the dusty diamond fields of Dutoitspan to the bustling gold mines of Langlaagte and beyond.
Faith under Fire
One of the most compelling sections of the book details Kriel’s experiences as a field chaplain during the Anglo-Boer War. He refused to stay behind, joining the commandos to provide spiritual solace to the burgers. His deep friendship with General Christiaan Beyers and his unwavering presence during battles — often un-armed in the heat of conflict — showcase a man of immense courage and conviction.
The Miracle of Langlaagte
In the aftermath of the war, the plight of the thousands of children orphaned in the conflict became evident. in 1902, with no initial capital but a "mustard seed" of faith, he founded the Langlaagte Children's Home (Die Kinder-tehuis). Starting with just seven children, the institution grew miraculously through prayer alone, eventually housing and educating hundreds of orphans at any given time.
For researchers and those interested in South African history (family-, social- as well as church history) this biography provides rare first-hand accounts of events, and is richly illustrated with a number of restored photographs. It is truly a rediscovery of the legacy of "Oupa Kriel" and of his steadfast reliance on his Creator.
The Table of Contents (in Afrikaans) can be downloaded here.
Language: Afrikaans
Format: Downloadable PDF (±3.7Mb)
Pages: 190
