Herinneringe van 'n Bittereinder
Au$ 13.17
Product Code: 978-1-920429-97-3
Herinneringe van 'n Bittereinder (Van die Kweekskool na die Kommando).
Hierdie besonderse e-boek, wat met sorg deur die skrywer se kleinseun verwerk is, beskryf die Anglo-Boereoorlog deur die oë van ’n Bittereinder - en wel 'n Bittereinder wat die Bybel in die een hand en die roer in die ander gehou het. Aangevul met 'n aantal unieke historiese fotos, is hierdie 'n boek wat op die "e-boekrak" van elke belangstellende in die Anglo-Boereoorlog behoort.
Herinneringe van ’n Bittereinder begin met 'n kort skets van die McDonald familie, beginnende met die aankoms vanuit Ierland van die twintigjarige Thomas Peter McDonald in 1812/13, sy latere huwelik met Elizabeth Catharina van Wyk en die geboorte van hul 7 kinders. Van Jonkersfontein in die Riversal area tot Smithfield, Bethulie en Sprinfontein in die Vrystaat word die familie se rondtrekkery en boerdery op die plase Jonkersfontein, Cyferbank, Nietteweet en Jakhalsfontein kortliks beskryf. Hul wel en weë in die Anglo-Boereoorlog word ook beskryf.
Hierna beskryf ds. RD McDonald (1873–1949) die 33-maande waarin hy die Boeremagte se lief en leed meegemaak het. Hierdie biografie is nie net ’n kroniek van oorlog nie maar bied 'n rou, unieke en persoonlike blik op die volharding van ’n volk in sy donkerste uur. Sonder om weer gedetaileerde weergawes van krygsoperasies in detail weer te gee (soos wat in In die skaduwee van die dood verskyn), deel McDonald sy eerstehandse ervarings - van sy vertrek van die Kweekskool in Stellenbosch in Oktober 1899 tot die vrede in Mei 1902. Hy deel ook sy insae in die gevolge van die oorlog, sy oorsese reis daarna, asook die bevordering van Afrikaans na die oorlog.
Van die hoogs-interessante insidente en insae wat hy met die leser deel, sluit in:
- Genl. Christiaan de Wet se gewaagde Kaapse invalle en die angswekkende oomblikke toe hulle tussen die vloeiende Oranje- en Caledonriviere vasgekeer was;
- Sy eie se gevaarlike sending onder ’n witvlag na Cradock om die lot van kmdt. Gideon Scheepers te ondersoek, en sy ontmoeting met genl. French;
- Sy verskeie noue ontkomings soos by Hanoverweg en Richmond (waar sy perd, Kaaljan, onder hom doodgeskiet is);
- Sy rol as in die hart van die Boere krygsraad, as militêre sekretaris vir generaal P.H. Kritzinger en later kommandant Louis Wessels;
- Die hartverskeurende oorgawe by Slabbertsnek; en laaste maar nie die minste nie
- Sy werk as veld-prediker en die diepe geloof van die burgers.
Belangstellendes in familiegeskiedenis, die Anglo-Boereoorlog asook dié wat in kerkgeskiedenis belangstel, sal beslis baat vind by McDonald se uitmuntende en meesleurende uitbeelding van die oorlog, die nagevolge daarvan en ook die dapper stryd om Afrikaans as kanseltaal te vestig ná die vrede by "Bitterwater" (Soetwater).
Die Inhoudsopgawe en lys van illustrasies kan hier afgelaai word.
Taal: Afrikaans
Formaat: Aflaaibare PDF (±10.8Mb)
Bladsye: 113
Herinneringe van 'n Bittereinder (Van die Kweekskool na die Kommando).
This exceptional e-book, which has been meticulously processed by the author’s grandson , describes the Anglo-Boer War through the eyes of a "Bittereinder"—specifically, a Bittereinder who held the Bible in one hand and a rifle in the other. Supplemented by a number of unique historical photographs, this is a work that belongs on the digital bookshelf of everyone with an interest in the Anglo-Boer War.
Herinneringe van ’n Bittereinder begins with a brief sketch of the McDonald family, starting with the arrival from Ireland of the twenty-year-old Thomas Peter McDonald in 1812/13 , his subsequent marriage to Elizabeth Catharina van Wyk , and the birth of their seven children. From Jonkersfontein in the Riversdale area to Smithfield, Bethulie, and Springfontein in the Free State , the family’s travels and farming history on the farms Jonkersfontein, Cyferbank, Nietteweet, and Jakhalsfontein are briefly described. Their fortunes and experiences during the Anglo-Boer War are also recounted.
Following this, the Reverend RD McDonald (1873–1949) describes the thirty-three months in which he shared the joys and sorrows of the Boer forces. This biography is not merely a chronicle of war but offers a raw, unique, and personal perspective on the perseverance of a people in their darkest hour. Without repeating detailed accounts of military operations (as featured in In the Shadow of Death) , McDonald shares his firsthand experiences—from his departure from the Theological Seminary in Stellenbosch in October 1899 to the peace in May 1902. He also shares his insights into the consequences of the war, his subsequent overseas journey, and the promotion of the Afrikaans language following the conflict.
Some of the highly interesting incidents and insights he shares with the reader include:
- General Christiaan de Wet’s daring Cape invasions and the terrifying moments when they were trapped between the flooding Orange and Caledon rivers;
- His own dangerous mission under a white flag to Cradock to investigate the fate of Commandant Gideon Scheepers, and his meeting with General French ;
- His various narrow escapes, such as at Hanover Road and Richmond (where his horse, Kaaljan, was shot dead under him);
- His role at the heart of the Boer war council as military secretary to General P.H. Kritzinger and later Commandant Louis Wessels;
- The heart-wrenching surrender at Slabbertsnek; and last but not least,
- His work as a field chaplain and the deep faith of the burgers.
Those interested in family history, the Anglo-Boer War, and church history will certainly benefit from McDonald’s excellent and gripping portrayal of the war, its aftermath, and the brave struggle to establish Afrikaans as a pulpit language following the peace at "Bitterwater" (Soetwater).
The Table of Contents and list of Illustrations (in Afrikaans) can be downloaded here.
Language: Afrikaans
Format: Downloadble PDF (±10.8Mb)
Pages: 113
