Woman's Endurance: A Diary of endurance and fortitude during the Anglo Boer War

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-920429-87-4

Woman's Endurance: A Diary of endurance and fortitude during the Anglo Boer War. 

Woman’s Endurance is an intensely personal diary of life and death inside the Bethulie concentration camp, written by its chaplain, August Daniel (A.D.) Luckhoff. Fresh from theological studies and a brief period in Europe, he accepted an invitation to serve as camp chaplain and arrived at Bethulie on 21 August 1901. Almost at once he began to keep a daily diary, scribbling notes at night after long days among the sick and dying.

In his Introduction he explains that he decided to publish the diary because it is “a tribute to Woman’s Endurance” and because it shows, in the suffering and courage of Boer women and children, “one of the nobler aspects of the late war,” asking readers to look beyond politics to the human story.

The preface, by D. de Villiers of the Boer Relief Committee, sets the tone: he believes this “true and touching Diary” proves that “our South African women were the heroines of the late deplorable war,” and hopes it will inspire future generations to emulate their faith and devotion.

From there the diary plunges the reader into the daily reality of camp life. Luckhoff moves from tent to tent, describing what he sees with unsparing honesty: children wrestling with pneumonia on bare earth floors; mothers trying to nurse babies while their own health collapses; grandmothers caring for whole families when sons are dead, captured, or in distant camps. He records scenes of almost unbearable pathos – an elderly mother feeding her disabled son mouth-to-mouth, mothers begging for a few drops of milk or a scrap of candle so they can keep vigil, and funeral processions where the majority of coffins are child-sized.

The diary is also frank about the failures and brutalities of the camp system—shortages of food, inadequate medical care, tents flooded with rain, and moments of callousness from some officials and doctors. At the same time, Luckhoff is careful to record kindness and solidarity: neighbours sharing fuel and food, women nursing one another’s children, and the small beauty of hymn-singing drifting across the camp at night.

The final pages add a poignant coda. The diary breaks off abruptly on 24 October 1901. In a later note, Luckhoff explains that he himself succumbed to enteric fever, was taken into the very hospital he had been visiting, and spent weeks hovering between life and death, mentally reciting the burial service he had so often read over others. He eventually recovered, but the experience underscores how precarious every life in the camp had become.

Woman’s Endurance is not an easy book to read. It is emotive, sometimes harrowing, and it exposes the brutal disregard with which women and children could be treated. But precisely because of that, it has enormous value. It invites readers to see the war through the eyes of a chaplain who is both witness and participant: grieving, sometimes angry, often exhausted, but deeply committed to honouring the women he serves.

For anyone seeking to understand the human cost of the Anglo-Boer War—especially the experience of women and children in the camps—this diary has the power to unsettle assumptions, evoke profound empathy, and significantly reshape how the events of that period are remembered.

The Preface, Table of contents and Introduction can be downloaded here.

Pages:   89

Format: Downloadable PDF (±1.3Mb)


Woman's Endurance: A Diary of endurance and fortitude during the Anglo Boer War. 

Woman’s Endurance is die Bethule kampkapelaan August Daniel Luckhoff se intens persoonlike dagboek oor lewe en dood in die konsentrasiekamp. Kort na sy teologiese studies en ’n kort verblyf in Europa, aanvaar hy ’n uitnodiging om as kapelaan in een van die kampe te dien en kom op 21 Augustus 1901 by Bethulie aan. Na elke uitputtende dag onder die siekes en sterwendes maak hy in die aand notas oor die dag se gebeure.

In sy Inleiding verduidelik hy dat hy besluit het om die dagboek te publiseer omdat dit ’n huldeblyk aan die lyding en moed van Boerevroue en kinders is, wat "een van die edeler aspekte van die laaste oorlog” weerspieël. Hy vra dat lesers die politiek vir ’n oomblik opsy sal skuif en deur hierdie verhaal die menslike kant raaksien

D. de Villiers van die "Boer Relief Committee" sê in die Voorwoord dat hierdie ware en ontroerende dagboek onweerlegbaar bewys dat “ons Suid-Afrikaanse vroue die heldinne van die laasgenoemde noodlottige oorlog was”, en hy hoop dat dit toekomstige geslagte sal aanspoor om hul geloof en toewyding na te volg.

Die dagboek neem die leser diep binne die kamproetine. Luckhoff beweeg van tent tot tent en beskryf wat hy sien met onverbloemde eerlikheid: kinders wat op kaal grondvloere teen longontsteking veg; moeders wat babas probeer versorg terwyl hul eie gesondheid in duie stort; oumas wat hele families dra waar seuns dood is, vangkamp toe is of in veraf kampe aangehou word. Hy skets tonele van byna ondraaglike droefheid – ’n bejaarde moeder wat haar gestremde seun mond-tot-mond voer; moeders wat smeek vir ’n paar druppels melk of ’n stukkie kerswas om wag te hou; begrafnisprosessies waar die meeste kissies dié van kinders is.

Luckhoff se groeiende ontsteltenis oor die omvang van die sterfte blyk duidelike in die dagboek. In sy sluitingsnota haal hy die amptelike syfers aan: meer as 1 300 sterftes in Bethulie tussen Mei 1901 en Maart 1902, met die ergste maande ná sy aankoms. Die aanhoudende daaglikse begrafnisse, die “afskuwelike fluit” van die lykdraers en die desperate poging om genoeg hout vir kissies te kry, wys hoe genormaliseer verlies geword het. Tog beklemtoon hy terselfdertyd die verstommende veerkragtigheid van die vroue: hul onvermoeide sorg, hul vurige beskerming van hul kinders en hul eenvoudige, maar standvastige geloof.

Die dagboek vlek ook die gebreke en wreedhede van die kampsisteem oop —kostekorte, onvoldoende mediese sorg, tente wat deur reën oorstroom word, en oomblikke van kilheid aan die kant van sekere amptenare en dokters. Net so sorg hy egter dat dade van goedhartigheid en solidariteit nie verlore gaan nie: bure wat vuurmaakhout en kos deel, vroue wat mekaar se kinders verpleeg en die stille skoonheid van gesange wat saans oor die kamp dreun.

Die slotbladsye voeg ’n aangrypende naskrif by. Die dagboek eindig onverwags op 24 Oktober 1901. In ’n latere nota vertel Luckhoff dat hy self aan buiktyfus siek geword het, in dieselfde hospitaal beland het wat hy soveel besoek het, en weke lank tussen lewe en dood gesweef het terwyl hy in sy gedagtes die begrafnisdiens herhaal wat hy soveel keer oor ander gelees het. Hy herstel uiteindelik, maar die ervaring onderstreep hoe broos elke lewe in die kamp was.

Woman’s Endurance is nie ’n maklike boek om te lees nie. Dit is emosioneel, soms verskriklik, en dit ontbloot die brute minagting waarmee vroue en kinders dikwels behandel is. Maar juis daarom het dit enorme waarde. Dit nooi lesers om die oorlog deur die oë van ’n kapelaan te sien wat tegelyk getuie én deelnemer is: rou, soms kwaad, dikwels uitgeteer, maar diep toegewy daaraan om die vroue en kinders wat hy bedien het, te eer.

Vir enigiemand wat die menslike koste van die Anglo-Boereoorlog wil verstaan—veral die ervaring van vroue en kinders in die kampe—het hierdie dagboek die vermoë om aannames te skud, diepe empatie te wek en hoe ons daardie tyd verstaan en onthou ingrypend te verdiep.

Die Voorwoord en Inhoudsopgawe kan hier afgelaai word.

Bladsye:   89

Formaat: Aflaaibare PDF (±1.3Mb)