Die Grobler-Grobbelaar Geslagsregister

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-997489-01-6

Die Grobler-Grobbelaar Geslagsregister.  

Waar pas jy in die Grobler-Grobbelaar-familieverhaal?

Die Grobler-Grobbelaar Geslagsregisterbied aan nasate en familienavorsers die geleentheid om meer as drie eeue se Grobler- en Grobbelaar-geskiedenis in Suider-Afrika na te spoor — vanaf die familie se vroeë agtiende-eeuse begin aan die Kaap tot by die talle familietakke wat later oor Suid-Afrika en verder versprei het.

Hierdie omvangryke 1100+ bladsy elektroniese uitgawe is 'n aansienlik bygewerkte weergawe van dr. C.L. Grobler se 1987 publikasie. Nie alleen is die oorspronklike register se inskrywings bygewerk en opdateer nie, maar die drie addendums bevat die besonderhede van meer as 18,000 Grobler-Grobbelaar-individue, insluitend:   

  • name en vanne, geboortedatums, nooiensvanne waar beskikbaar, asook besonderhede oor waar die persone in 1984 en 2004 gewoon het,
  • dié wat as kiesers geregistreer was maar nog nie kon stem nie, asook
  • die wat as kiesers geregistreer was maar reeds in 2004 oorlede was

Hierdie bywerkings en addendums maak die reeds-waardevolle register nog meer waardevol en nuttig. Die genealogiese verwysingsnommers is ook nou volledig aangetoon, wat opsoeke nog makliker maak.

Die boek is egter meer as net 'n lys van name. Biografiese sketse vertel die verhale van bekende Groblers en Grobbelaars wie se lewens nou verweef was met belangrike gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, onder andere die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en die trek na Angola.

'n Groot aantal familiefotos is ook ingesluit, wat die leser toelaat om 'n gesig aan sommige van die name te koppel.

Die Inhoudsopgawe en lys van illustrasies kan hier afgelaai word.

Taal: Afrikaans
Formaat: Aflaaibare PDF (±12.5Mb)
Bladsye: 1102


Die Grobler-Grobbelaar Geslagsregister.  

Where do you fit into the Grobler-Grobbelaar family story?

The Die Grobler-Grobbelaar Geslagsregister offers descendants and family researchers the opportunity to trace more than three centuries of Grobler and Grobbelaar history in southern Africa — from the family's early eighteenth-century beginnings at the Cape to the many branches that eventually spread across South Africa and beyond.

This comprehensive 1100+ page electronic edition is a significantly updated version of dr. C.L. Grobler's 1987 publication. In addition to the updates and corrections to the original register, three addenda contain the details of more than 18,000 Grobler-Grobbelaar individuals, including:   

  • names and surnames, dates of birth, maiden names where available, as well as details of where those individuals resided in 1984 and 2004,
  • those who were registered as voters in 2004 but not yet eligible to vote, as well as
  • those who were still registered as voters but who had already passed away in 2004.

These additions, updates and addenda make this already-valuable register even more valuable. In addtition, individuals' full genealogical numbers are now presented, which makes lookups and trace-backs even easier. And of course the whole book is electronically searchable which makes it even more useful.

The book, however, is more than just a list of names. Biographical sketches introduce prominent Groblers and Grobbelaars whose lives intersected with major events in South African history, including the Great Trek, the Anglo-Boer War and the trek to Angola.

A large number of family photos allows the reader to put a face to many of the names.

The Table of Contents and list of Illustrations (in Afrikaans) can be downloaded here.

Language: Afrikaans
Format: Downloadble PDF (±12.5Mb)
Pages:   1102