Kerkgeboue vir Suid-Afrika
Au$ 7.32
Product Code: 978-1-920429-98-0
Kerkgeboue vir Suid-Afrika.
Die beroemde argitek Gerard Moerdijk se fassinerende boekie (24 bladsye) is veel meer as net ’n tegniese gids: dit is ’n passievolle pleidooi vir die ontwerp van kerkgeboue wat by Suid-Afrikaanse omstandighede pas. Die vraag word gestel hoekom ons die ontwerp van Europese kerke blindelings sou kopieër terwyl Suid-Afrika se geskiedenis én landskap uitroep na ’n styl wat ons eie karakter weerspieël.
Van die fyn kuns van akoestiek tot die praktiese uitdagings van klip, hout en ventilasie, plaas Moerdijk elke aspek van kerkbou onder die vergrootglas. Die boekie bevat onder andere:
- Die simboliek en sentiment van 'n Godshuis;
- Praktiese advies oor materiale wat die toets van tyd sal deurstaan.
- 'n Aantal pragtige ontwerpe en sketse — van intieme kerkies met 300 sitplekke tot katedraal-grootte ruimtes vir duisende.
Liefhebbers van kerkgeskiedenis, belangstellendes in klassieke boukuns, asook dié wat meer wil weet oor die oorsprong van 'n groot aantal van die ontwerpe van die NG en Hervormde kerkgeboue in Suid-Afrika sal hierdie boekie besonder interesstant vind.
Taal: Afrikaans
Formaat: Aflaaibare PDF (±2.2Mb)
Bladsye: 24
Kerkgeboue vir Suid-Afrika.
Renowned architect Gerard Moerdijk’s fascinating booklet of 24 pages is far more than just a technical guide: it is a passionate plea for the design of church buildings suited to South African conditions. It raises the question of why we would blindly copy European church designs when both South Africa’s history and landscape call out for a style that reflects our own character.
From the fine art of acoustics to the practical challenges of stone, wood, and ventilation, Moerdijk places every aspect of church construction under the microscope. The booklet includes, among other things:
- The symbolism and sentiment of a house of God;
- Practical advice on materials that will stand the test of time;
- A number of beautiful designs and sketches — ranging from intimate churches seating 300 to cathedral-sized spaces for thousands.
Enthusiasts of church history, those interested in classical architecture, as well as anyone wishing to learn more about the origins of a large number of Dutch Reformed (NGK) and Netherdutch Reformed (NHK) church building designs in South Africa, will find this booklet engaging.
Language: Afrikaans
Format: Downloadable PDF (±2.2Mb)
Pages: 24
