Die Boere op St Helena
Au$ 9.76
Product Code: 978-1-920091-64-4
Befaamde skrywer PJ Nienaber het die oorlogsdagboek van H de Graaf verwerk in hierdie boeiende beeld van die lewe van die Boerekrygsgevangenes op St Helena. Veral van belang is die naamlyste van krygsgevangenes wat hier oorlede is, welke lyste ook die afgestorwenes se ouderdomme, hulle plase van oorsprong en die distrikte van herkoms weergee. (Sien ook "Nag op St Helena" en die kombinasie cd)
Die Inhoudsopgawe asook die Inleiding kan hier afgelaai word, maar opsommenderwys die volgende:
Die boek is in 2 dele. Deel 1 bestaan uit 6 hoofstukke:
1. Op Kommando
2. Op See
3. Op St Helena
4. Die jaar 1901
5. Die jaar 1902
6. Vrede
Deel 2 bevat detail oor 'n aantal moordsake - van die krygsgevangenes wat hier vermoor is. Dit sluit ook 'n afdeling in oor 'n aantal verenigings wat deur die Boere begin is - verenigings van 'n sosiale, Christelike en opvoedkundige aard. Daar is ook 'n gedeelte met gedigte wat deur die krygsgevanges geskryf is. Die boek is nie geindekseer nie maar is volledig soekbaar. 'n Aantal sketse en tekeninge is ook ingesluit.
'n Addendum is by die oorspronklike boek gevoeg, waarin 'n dertigtal pragfotos, skilderye en tekeninge van die eiland, sommige gevangenes asook van die Britse personeel verskyn.
162 Bladsye, Afrikaans
Formaat: Aflaaibare PDF.