Dynamite and Daisies: The Story of Barberton
Au$ 14.64
Product Code: 978-1-920429-74-4
Dynamite and Daisies: The Story of Barberton
Set in the late 19th century, this captivating and well-written book captures the events in Barberton when some 10,000 people from every corner of the world dropped everything and rushed to stake their claim in what was hailed as “the greatest gold discovery of all time.” They came from the Klondike in remote Alaska, from Cornwall and California and they also came from nearby Natal. In their lust for gold, they faced the perils of the road and the green death that lurked in the valleys, and a great many did not survive.
In just a few months, Barberton transformed into the most populous town in the Transvaal, and also one of the noisiest. The town grew so fast that before anyone could build a church or a courthouse, it already boasted three newspapers, two stock exchanges, ten hotels, two clubs and a public house on almost every street corner, catering to the populace's every need.
Some did make spectacular fortunes, but it soon became apparent that the easy gold was gone. The nuggets had all been picked up and all the gold chipped off the quartz reefs. But by then there was a new boom town to storm to: Johannesburg, where the discovery of gold coincided, as if by magic, with the decline of the lowveld goldfields.
Many of those who had been part of the rush to Barberton helped to create the new Transvaal – and ultimately the new South Africa. This book tells their story, capturing the drama, ambition, and chaos of Barberton- the boom town that made Kimberley’s diamond diggings look like a Sunday school picnic.
The book comprises 27 chapters and is complemented with more than 40 images of the personalia and events of the time.
Pages: 186
Format: Downloadable PDF (±6Mb)
Dynamite and Daisies: The Story of Barberton
Hierdie boeiende boek vertel die verhaal van Barberton en sy mense in die laat 19de eeu toe "die grootste goud-ontdekking van alle tye" sowat 10,000 mense van regoor die wêreld na Barbertonlaat stroom het. Goudkoors het delwers en ander na afgeleë Barberton gedryf vanaf die Klondike in Alaska, Cornwall in Brittanje, Kalifornië en van oral oor Suid-Afrika. Hierdie pioniers moes op hul trek allerhande gevare trotseer – waarvan een 'n ander soort koors was: die malaria wat in die valleie geskuil het. Baie het dit nie oorleef nie.
Barberton was binne ’n paar maande nie net die dorp met die grootste bevolking in Transvaal nie, maar ook een van die rumoerigste! Die dorp het so vinnig gegroei dat, voordat’n kerk of ’n hof gebou kon word, daar reeds drie koerante, twee aandelebeurse, tien hotelle, twee klubs en ’n kroeg op amper elke straathoek was om in al die behoeftes van die inwoners te voorsien.
Skouspelagtige fortuine is wel gemaak, maar baie vining is al die oppervlak-goud op die kwartsriwwe uitgewerk, en die goudklonte wat sommer opgetel kon word was ook sommer vinnig op 'n einde. Maar juis op hierdie stadium het die nuus van die Johannesburgse goudvelde 'n nuwe stormloop ontketen – hierdie keer weg van Barberton af.
Baie van dié wat aan die Barberton-stormloop deelgeneem en die dorp en goudbedryf help ontwikkel het, het bygedra om die nuwe Transvaal te skep — en uiteindelik ook die nuwe Suid-Afrika. Hierdie boek, wat hul verhaal vertel, slaag ebsonder goed daarin om die drama, ambisie en chaos van Barberton vas te vang — die goudstormloop-dorp wat Kimberley se diamant-delwerye na ’n Sondagskoolpiekniek laat lyk het.
Die boek beslaan 27 hoofstukke, en word besonder goed aangevul deur 40+ fotos van die personalia en gebeure van die era.
Bladsye: 186
Formaat: Aflaaibare PDF (±6Mb)