Viva Os Boers!

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-920429-73-7

Viva Os Boers!(Die verhaal van die Boeregeïnterneerdes in Portugal)
Hierdie boek van hoogs-aangeskrewe historikus Cobus (OJO Ferreira) is werklik 'n boek vir die fynproewer. Ferreira vertel die soms-vergete verhaal van die ervarings van die Boere wat tydens die Anglo-Boereoorlog die wapens neergelê het en die grootste gedeelte van die oorlog as geïnterneerdes in Portugal deurgebring het.

Die Boere wat by Komatipoort die wapens neergelê het en na Mosambiek uitgewyk het, is teen groot onkoste na Portugal verskeep. Die meer as 1000 geïnterneerdes het hulself in 'n geheel-en-al anderse situasie bevind as die krygsgevangenes in Bermuda, Ceylon en St Helena. Hulle het baie meer bewegingsvryheid geniet en was ook in meer gerieflike kwartiere soos kloosters en barakke gehuisves. En ten spyte daarvan dat Brittanje vir baie lank 'n noue bondgenoot van Portugal was, het die Boere baie steun by die Portugese publiek gehad.

Hoewel die politieke en militêre aangeleenthede rondom hul internering nie in die boek geïgnoreer word nie, word spesiale aandag gegee aan die geïnterneerdes se lewenswyse en hul aanpassing in die volksvreemde Portugal. Ferreira skyn ook die lig op die verskil tussen die fisiese en geestelike omstandighede waaronder die geïnterneeedes en die krygsgevangenes geleef het.

Van besondere genealogiese en geskiedkundige waarde is die lys van Boeregeïnterneerdes in Portugal gedurende 1901-1902.

Die verhaal van die Boere in Portugal word met goeie insig, deernis en ook humor uitgebeeld. Hierdie deeglik-nagevorsde boek is goed aangevul met meer as 80 fotos en illustrasies.

Die inhoudsopgawe en lys van illustrasies kan hier afgelaai word .

Bladsye:   294

Formaat:  Aflaaibare PDF (±148Mb)


Viva Os Boers!(The story, in Afrikaans, of the Boer internees in Portugal during the Anglo-Boer War)
In this exceptionally well-written and compelling book, highly regarded author and historian Cobus (OJO) Ferreira tells the story of the Boer combatants of the Anglo-Boer War who were interned in Portugal. The stories (and experiences) of the more than 1000 internees who surrendered and then spent the largest part of the war in Portugal are not generally well-known.

The Boers who surrendered their arms at Komatipoort and entered Mozambique were shipped to Portugal at great cost. In contrast to the situation of the prisoners of war in Ceylon, Bermuda and St Helena, the internees were well-supported, enjoyed far more freedoms and were housed more comfortably in places like barracks and monasteries. And despite the fact that Britain had for a very long time been a close ally of Portugal the locals were very much enamoured with the internees.

While the political and military aspects surrounding their internment are not disregarded, special attention is given to the internees' way of life and their adjustment to the social environment in Portugal. Ferreira also turns the spotlight on the differences in the physical and spiritual circumstances of the internees and prisoners of war in other places.

Of particular interest to historians and family history researchers is the list of the Boer internees in Portugal in 1901-1902.

Ferreira tells the story of these Boers with great insight, compassion and humour. Typical of Ferreira, the book is well-researched, well-documented, written in an engaging style and is supplemented with more than 80 photographs and illustrations.

The tables of content and illustrations can be downloaded here.

Pages:   294 (in Afrikaans)

Format:  Downloadable PDF (±148Mb)